Grief Coaching
R300,00
Wat is ’n Grief Coach?
Niemand van ons word ooit beskerm teen verlies of hartseer nie. Rousmart is ʼn natuurlike reaksie op verlies en tensy ons dit verwerk, kan ons baie maklik vasgevang word in ʼn plek van ewigdurende emosionele pyn. Niemand wil doelbewus in so ʼn verlammende posisie vasgevang word nie, tog gebeur dit heeltemal te maklik.
As ʼn individu van die groter samelewing leer ons nie hoe om rousmart op ʼn effektiewe manier te verwerk nie. Ons leer nie hoe om by ʼn plek van aanvaarding te kom, en hoe om met vreugde te onthou, eerder as met trane nie. Daar is ongelukkig ook die wanopvatting dat ons hartseer ons liefde bewys, en dat dit die enigste band tussen ons en ons geliefde is.
Grief Coaching is ʼn ondersteuningsnetwerk wat jou help om maniere te ontdek om jou pyn te verwerk, en om vas te hou aan die hoop dat jy nie vir altyd só sal voel nie. Alhoewel ons nooit verlies kies nie, het ons wel ʼn keuse wat ons met daardie pyn gaan doen. Deur saam met ʼn Grief Coach te werk, neem jy aktief deel aan die proses van emosionele herstel en uiteindelike heling.
Wie is gereed vir Grief Coaching?
Ongelukkig nie die persoon wat baie onlangs iemand aan die dood afgestaan het nie, en ek is baie jammer daaroor. Hierdie vorm van ondersteuning is baie meer effektief wanneer daar alreeds ʼn bietjie meer tyd verloop het en jy dalk vasgevang voel. Dit is wanneer jy besef jy beweeg in ʼn nimmereindigende kringloop rondom ʼn spesifieke emosie, en sukkel om sin daaruit te maak.
Indien jy gewillig is om tyd en energie in jouself te belê, is jy heel waarskynlik gereed. Niemand kan hierdie namens jou doen buiten jyself nie.
Is Grief Coaching dieselfde as terapie?
Grief Coaching fokus op die huidige oomblik en die toekoms, nie die verlede nie. Dit bied ondersteuning en help jou om sin in jou pyn te vind. Dit help die kliënt om minder te fokus op “waarom” en meer op “wat nou?”.
+++
As ʼn persoon wat self traumatiese verlies moes verwerk, is ek passievol om ander te help om ook aanvaarding en heling in hul lewens te ondervind. My spesialiteit is Suicide Loss.
+++
Die eerste afspraak duur 30 minute en is gratis. Dit gee die kliënt en Grief Coach die geleentheid om mekaar te leer ken en te sien of julle gemaklik met mekaar voel. Kontak my gerus d.m.v. e-pos, whatsapp of SMS.