Indien ‘n verkeerde bestelling geplaas is:
Indien die kliënt ‘n verkeerde bestelling plaas, sal Susann Moolman (hierna Die Skrywer genoem) onder sekere omstandighede jou bestelling vir die regte een verruil. Die kliënt is egter aanspreeklik vir enige bykomende koste wat deur hierdie proses aangegaan word (soos retoer versending).
Alternatiewelik kan ‘n klant die aankoop op hul onkoste terugstuur en ‘n winkel krediet kry (geldig vir 30 dae) indien hulle nie ‘n omruiling wil hê nie. (Die boek moet ongelees en in goeie toestand wees om te kwalifiseer).
Kansellasie van ‘n reeds verwerkte bestelling deur kliënt:
Indien ‘n kliënt besluit om ‘n bestelling wat reeds verwerk is te kanselleer, sal die kliënt aanspreeklik wees vir alle koste aangesien die boek reeds verpak sou wees vir die koerier.
As die klant kies om die aankoop terug te gee, sal dit op hul koste wees en hulle het ‘n opsie om ‘n winkel krediet te ontvang.
As Die Skrywer die verkeerde boek gestuur het:
Indien die kliënt ’n verkeerde bestelling sou ontvang, val aanspreeklikheid en onkoste op Die Skrywer, gegewe dat die kliënt kan bewys dat die verkeerde bestelling gestuur is. Bewys van die volgende is nodig:
- Jou verwysing/naam gekoppel aan jou aankoop
- Bewys van jou aankoop (gestuur per e-pos)
- ‘n Foto van die verkeerde boek ontvang.
- Bogenoemde drie items moet binne 48 uur na ontvangs van die boek na info@hooptydensrousmart.co.za gestuur word.
Indien die kliënt ‘n beskadigde boek of boek met verkeerd gedrukte bladsye ontvang:
Alle sorg word getref om te verseker dat boeke wat hierdie winkel verlaat, onbeskadig en in uitstekende toestand is. Indien die klant ‘n boek ontvang wat beskadig is of waarvan sommige bladsye verkeerd gedruk is, volg asseblief die prosedure hieronder:
Kontak Die Skrywer via info@hooptydensrousmart.co.za binne 48 uur na ontvangs van die boek.
- Verskaf jou verwysing/naam
- Bewys van aankoop (gestuur per e-pos)
- Neem en stuur ‘n foto van die beskadigde of foutiewe bladsye
- Sodra dit nagegaan is en die omruiling goedgekeur is, sal jy gevra word om die boek terug te stuur sodat dit vervang kan word. (Die koste sal Die Skrywer se verantwoordelikheid wees).