Guppy en Anderste Stories (E-book)
R100,00
Het jy ooit kennis geneem van Guppy? Haar mens-ma mag geen skoonheid wees nie, maar sy is steeds diep lief vir hierdie ondier! Dit is ‘n boek propvol lawwe stories, die goete wat Guppy dikwels laat gebeur en waar Susanna hopeloos te dikwels, ‘n onwillige deelnemer word.
Marly and Me? Toe nie heeltemal so mak nie, want Guppy is eintlik ‘n dierasie van ‘n heel anderste kleur. Met ‘n pikswart pels, pikswart hart en skerp wit tande is sy enige skelm se moses en nie altyd ‘n gewillige gasvrou nie! Die veearts is onwillig, kinders skrik en huil, verbygangers loop oor die straat na veiligheid en selfs vriende is versigtig om nader as ‘n armlengte van haar miesies te kom. Maar tog sal sy enigiets doen vir ‘n koekie of twee en Susanna is áltyd veilig waar Guppy binne hoorafstand rus.
“Guppy het soos ‘n onverwagte swangerskap in my lewe gearriveer. Die hond wat nie beplan was nie, wat ons nie eintlik wou hê nie, maar wat tog diep in ons harte gekruip het en uiteindelik ons engel sonder vlerke sou word.
Sy het my van die lewe geleer. Sy het my geleer dat vandag die enigste dag tot my beskikking is, dat ek dit nou moet geniet en ten volle gebruik want môre is vir niemand gewaarborg nie.
Sy het my geleer dat die emosies wat ek voel, ook deur ander gevoel kan word en selfs ‘n negatiewe draai kan maak.
Sy het my van geduld geleer en miskien meer nog van onvoorwaardelike liefde – sonder terughou.
Sy is ‘n beskermer, ‘n trooster, geselskap, ‘n leier en ‘n volger.
Sy is … ‘n engel met vier bene.”
Guppy & Anderste Stories is die pryswenner vir kortverhale, Ink Skryf in Afrikaans, 2018.