Op Vlerke van Hoop, Verwerking van Rousmart, E-boek

*Buy 5 Or More Books And Get 10% Discount*

Produk Beskrywing

Klik op die E-Boek Skakel om na die betrokke webwerf herlei te word. 

 

Is dit moontlik om rousmart en traumatiese verlies ten volle te verwerk?

Kom jy oor verlies, of kom jy daardeur?

Kan tyd ’n verskil aan rousmart maak?

Kan rousmart dalk tog netjies in vyf stappe ingeperk word?

Is dit moontlik om op te hou treur maar sonder om te vrees dat jy jou ‘persoon’ gaan vergeet?

Wat van die ouer wat ’n kind aan die dood afgestaan het?

Is daar hoop?

Is rousmart anders vir ’n kind / eggenoot / sib?

Watter uitdagings skep traumatiese verlies soos moord en selfdood in die verwerking van verlies?

Groot verlies en die verwerking daarvan is ’n groot uitdaging en dit is menslik om gou-gou beter te wil voel.

Maar, sonder om die hartseer te konfronteer, is daar nie ’n beter nie.

 

Opsomming van Inhoud

Hoofstuk 1 : Hulp en ondersteuning tydens die rouproses.  Faktore wat 'n rol speel in die rouproses. Fasette van verlies. Emosies, fisiese simptome, gedrag, gedagtes en vrae tydens rou. 

Hoofstuk 2 : Rousmart is normaal. Realiteite en verwagtinge. Kan jy aan 'n gebroke hart sterf? Kan jy weer emosioneel heel word na verlies?

Hoofstuk 3 : Die routake. 

Hoofstuk 4 : Hoofstukke van rou, afwaartse en opwaartse spiraal. Hantering van pynlike herinneringe.

Hoofstuk 5 : Depressie.

Hoofstuk 6 : Onverwerkte en gekompliseerde rou. Genesing na gekompliseerde rou.

Hoofstuk 7 : Trauma. Posttraumatiese stresversteuring.

Hoofstuk 8 : Aanvaarding en afsluiting. Lewe na die dood. Meditasie as alternatiewe medikasie. 

Hoofstuk 9 : Verskillende tipes verlies : ouer, huweliksmaat, kind, miskraam/stilgeboorte, broer/suster. Rousmart in die geval van 'n vermiste persoon. Wanneer jy oor 'n lewende persoon rou. Dood van 'n troeteldier. 

Hoofstuk 10 : Kinders en rousmart. 

Hoofstuk 11 : Hoe om iemand in rousmart by te staan. 

 

Produk beskrywing

Op Vlerke van Hoop, Verwerking van Rousmart

ISBN : 9781776260300

Gepubliseer : 2020

Bladsye : 372, A5, Sagteband

R150.00

Koop
E-Book